(Let wel: hierdie animasie is nog in produksie, finale animasie sal op die Eugenie Grobler YouTube kanaal gelaai word, dankie.)

Illustrasies: Anni Snyman
Animasie: katty vandenberghe
Musiek: Eugenie Grobler, Schalk Joubert, Tim Rankin

~.~.~.~

KONSERT IN PRETORIA 2 & 3 Desember 2016

DIS TYD met Eugenie Grobler.
Storie-musiek met klavierbegeleiding deur Eugenie.
Regie: Margit Meyer-Rödenbeck

Vrydag 2 & Saterdag 3 Desember 2016, 18h30
Huiskonsert by Aloelaan 28, LYDIANA, Pretoria
Kaartjies: Dalene 0796313045,
R100 per persoon.

’n PIET LOVES LIFE fondsinsamelings konsert.

Volg op facebook >>>

VIDEO ~ DIS TYD is opgevoer by die 'Snake Eagle Thinking Path' landkuns bekendstelling in Matjiesfontein in 2015.

~.~.~.~

DIE LAATSTE AFDRAAI is geskryf vir my pa, Piet Grobler.

Hy is in Maart hierdie jaar gediagnoseer met terminale beenmurgkanker. Niks laat ʼn mens besef hoe kosbaar tyd is soos wanneer ʼn geliefde met ʼn terminale siekte gediagnoseer word nie. My pa se dokter het ‘n revolusionêre middel (Vidaza) aanbeveel as die enigste opsie om menslik gesproke sy lewe te verleng. Na drie rondtes van behandeling op Vidaza, het my pa se mediese fonds aangedui dat sy fondse vir hierdie spesialismiddel uitgeput is en dat hulle nie langer gaan betaal nie, ten spyte daarvan dat Vidaza tot nou daadwerklik tot sy kwalitiet van lewe bydrae. Met hulp van kosbare vriende en familie het ons voortgegaan om vir sy maandelikse behandeling te betaal, maar die R73000 koste is ‘n hoë prys. Ons verstaan van sy spesialis dat hy alle voordeel wat hy tot dusver uit die medikasie getrek het, binne twee weke sal verloor indien die behandeling gestaak word. Ons speel dus vir tyd. Kwaliteit tyd. Elke dag saam met ons geliefdes is kosbaar.

Hoe kan jy help? As jy wil help deur die lied te koop as deel van die Piet Loves Life fondsinsameling, volg asseblief die onderstaande skakel, tik Piet loves Life campaign in die onderwerp lyn en druk dan die “send” knoppie.

Van my hart na joune,
Eugenie Grobler

~.~.~.~

Illustrations: Anni Snyman
Animation: katty vandenberghe
Music: Eugenie Grobler, Schalk Joubert, Tim Rankin

'DIE LAATSTE AFDRAAI' is for my father, Piet Grobler.

In March 2016, my father, Piet Grobler, was diagnosed with Acute Myeloid Leukaemia. I wrote an Afrikaans song titled Die Laaste Afdraai meaning The Last Turnoff after receiving this news. My father’s doctor immediately commenced treatment with a highly specialised drug called VIDAZA as the best option to extend his life. After three rounds of monthly treatment, he showed a remarkable improvement but unfortunatelly his medical aid refused to continue covering his treatment due to a lack of funds. The doctor told us that he will lose all the benifit he gained from the medication within two weeks, should we stop the VIDAZA treatment. With the loving help of family and friends we have thus continued to pay for his treatment even though it costs R73 000 a month. Our father is a remarkable man and the gift of having more quality time with him is priceless. There will come a time when we will have to let him go but we are not there yet. We have been given precious time to make beautiful memories together.

We have therefore decided to launch a fundraising campaign called Piet loves Life. If you want details on how to contribute to this campaign to continue paying for my father’s life-saving medicine, please click on the email address below and send an email with Piet loves Life in the subject line:



From my heart to yours,
Eugenie Grobler

~.~.~.~

Copyright 2016

Music: Eugenie Grobler
Animation: Anni Snyman & katty vandenberghe

As deel van die konsert 'DIS TYD'

<<>>